Banke het kommer oor SIM-registrasie

Die opskorting van ongeregistreerde SIM-kaarte teen die einde van hierdie maand sal ‘n nadelige impak op dienslewering en die algemene prestasie van banke hê. Volgens berigte deur die aanlyn publikasie The Brief, is daar veral kommer omdat so min SIM-kaarte, 43 persent, geregistreer is. Daar word beaam dat almal nie betyds sal kan registreer nie en daar sal verreikende gevolge vir banke in die verskaffing van dienste wees. SIM-kaarte word vir beide aanlyn- en selfoonbankdiesnte benut en in die afwesigheid van ‘n aktiewe SIM-kaart sal ‘n mens nie geld kan stuur nie en ook nie transaksies dophou nie wat ‘n nuwe geleentheid vir bedrieërs bied.