Dis hoe Nest-simulator werk
Die Nasie Elektrisiteits-ondersteuningstarief, of Nest, is ontwikkel deur die Energieministerie en die Elektrisiteitsbeheerraad om basiese elektrisiteitsverbruik goedkoper te maak deur ‘n gesubsidieerde tariefopsie op ‘n lae stroombrekergradering aan te bied. Wanneer mens nie te veel toestelle gelyktydig gebruik nie, kan jy steeds die meeste dinge gedoen kry en die meeste huishoudelike toestelle met die Nest-verbinding gebruik – net nie almal op dieselfde tyd nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Ferdinand Molale, die skakelbeampte by die Elektrisiteitsbeheerraad gepraat, wat verduidelik hoe die simulator werk.