Skep werk vir ons jeug: Mbumba

Vise-president Nangolo Mbumba doen ‘n beroep vir samewerking tussen die openbare en privaat sektore om werksgeleenthede vir gegradueerdes van die Nasionale Jeugdiens en die jeug oor die algemeen te skep. Mbumba spreek kommer uit en sê van die 3 550 jongmense wat Nasionale Diensopleiding voltooi het, het slegs 561 tans werk. Hy beklemtoon die regering stel oplossings vir werkloosheids-uitdagings voorop deur projekte wat daarop gemik is om vaardigheidsontwikkeling te bevorder.