Namaf reguleer al hoe meer, praktisyns is sat
Die stryd tussen Namaf en die privaatpraktisyns duur voort. Die Namibiese Privaatpraktisynsforum sê sy lede word van bedrog en meer beskuldig terwyl Namaf en sy mediese fondse tariewe opstoot en voordele verminder. Kosmos 94.1 Nuus het met Eben de Klerk, die navorser wat vir die forum ondersoek ingstel het, gepraat. Hy sê Namaf raak al hoe meer ‘n reguleerder van die bedryf en die lede van mediese fondse sal benadeel word.
De Klerk voeg by dat lede se voordele word al minder en hulle is nie bewus daarvan nie.