SA se waterkrisis is nasionale krisis

RISE Mzansi sê hy is diep bekommerd oor die voortslepende waterkrisis in dele van Suid-Afrika. Die Departement van Water en Sanitasie se 2023 Bloudruppel-verslag toon die gehalte van drinkwater het verswak, en waterverliese het oor die afgelope nege jaar gestyg. Vuyiswa Ramokgopa van RISE Mzansi, sê hulle het reeds ’n klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ingedien waarin hulle ‘n ondersoek vra na wat hulle noem die skending van menseregte in Skierlik, Tshwane, waar inwoners gedwing word om vuil water uit ’n steengroef te gebruik: