VN-ambassadeurs besoek Rafah vandag

VN-Veiligheidsraad-ambassadeurs het in Egipte aangekom om die Rafah-grensoorgang met die beleërde Gaza-strook te besoek, dae nadat die Verenigde State ‘n raadsbesluit vir ‘n wapenstilstand ge-veto het. Die informele eendag-reis wat deur die Verenigde Arabiese Emirate en Egipte gereël is, volg te midde van ‘n vinnig- toenemende humanitêre krisis in die oorloggeteisterde Gaza, wat deur die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, Antonio Guterres, as ‘n “begraafplaas” beskryf word. Sowat twaalf ambassadeurs neem deel aan die besoek, insluitend Rusland en die Verenigde Koninkryk. Die Verenigde State en Frankryk het nie ‘n verteenwoordiger gestuur nie.