DA verwerp Marokane se Eskom-aanstelling

Die DA het die besluit van Eskom verwerp om die aanstelling van Dan Marokane, die voormalige bedryfshoof van die sukkelende suikerprodusent, Tongaat Hulett, as die nuwe bedryfshoof van Eskom te bevestig. Mimmy Gondwe van die DA sê ná die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, byna ‘n jaar die aanstellingsproses vertraag het, is die beste waarmee die ANC vorendag kon kom om ‘n oud-Eskom-hoof weer aan te stel, die status quo te handhaaf en die land in die ystergreep van beurtkrag te laat: