Kuber-afpersings in Afrika 70% hoër in 2023

Orange Cyberdefense het sy 2024 Sekerheids-navigeerder verslag vrygestel, wat lig werp op huidige kuberveiligheidsneigings. ‘n Senior navorser, Wicus Ross, het ‘n kommerwekkende toename van 70 persent in kuberafpersingsvoorvalle vanjaar regoor Afrika uitgelig. Slagoffers van kuberafpersing het met 46 persent gestyg vergeleke met 2022, met die onderwys- en openbare administrasie-sektore wat veral geraak is. Ross sê finansiële en versekerings-ondernemings het voortdurende bedreigings in verskeie dele van Afrika ervaar.