Niks verander in Namibiese handel: ekonoom
Namibië se handelstekort in Oktober van 4,5 miljard Namibiese dollar is ‘n groot styging gemeet teen die 3,3 miljard dollar in September en 2,2 miljard dollar in Oktober verlede jaar. Die grootste uitvoere is steeds uraan, nie-monetêre goud, vis, petroleum olies en diamante, en Suid-Afrika is weer die grootste handelsvennoot vir beide invoere en uitvoere. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekonoom Gabriel Erastus gepraat, wat op die verslag reageer en sê niks verander nie, nie ten goede of slegte nie.