Handelsyfers vir Oktober wys weer hoe belangrik Sacu is

Simonis Storm het die handelsyfers vir Oktober ontleed en sê dit toon dat die Namibiese uitvoerlandskap hoofsaaklik gerig was op die Suider-Afrikaanse Doeane-unie, bekend as Sacu, wat verantwoordelik was vir 35,8 persent van die totale uitvoer. Dit is gevolg deur uitvoere na OECD- en Brics-lande, wat onderskeidelik 21,6 persent en 20,4 persent bygedra het. Die Europese Unie en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, Sacu uitgesluit, het ook belangrike rolle gespeel, wat 18,7 persent en 15,6 persent van die totale uitvoere uitmaak. Wat invoere betref, het Sacu die primêre bron gebly en verteenwoordig 44,5 persent van die totale invoer en verskaffing van goedere soos voertuie, alkoholiese drankies, en plastiek artikels. Volgens die makelaarsfirma toon die syfers weereens die belangrikheid van Sacu vir Namibië aan.