Reaksie op verbruikerskrediet waarop gekonsulteer word

Die finansministerie het die Wetsontwerp op Verbruikerskrediet amptelik vir openbare konsultasie onderskryf. Die wetsontwerp is daarop gemik om kredietverbruikers soos onder meer mikroleners, pandjieswinkels en kredietburo’s, en individue wat krediet gebruik, te beskerm. Namfisa is tans besig met openbare konsultasies oor die wetsontwerp in die Noorde. Kosmos 94.1 Nuus het aan die aktivis Dimbulukeni Nauyoma sy mening gevra oor die wetsontwerp.