Verkeersligte ontsenu soos bedelaars toeneem

Die regering het al male sonder tal met die publiek gepleit om nie vir straatkinders geld en kos te gee nie, aangesien dit die probleem aanvuur en nie ’n blywende oplossing is nie. Desnieteenstaande is daar steeds ‘n beduidende hoeveelheid straatkinders wat bedel en na bewering tot 200 Namibiese dollar per dag maak, en die geld gebruik om onder meer alkohol en dwelms te koop. Die feestyd is egter vir baie gesinne finansieel moeilik, wat daartoe kan lei dat ouers nie kan bekostig om vir hul kinders te sorg nie, en kinders dan gedwing word om te bedel of te steel om te oorleef. Kosmos 94.1 Nuus het met die gemeenskapsaktivis Rosa Namises hieroor gesels en wat die gemeenskap kan doen om die kwessie aan te spreek.