Amushelelo smeek jeug om te stem vir verandering

Volgende jaar se presidensiële en Nasionale Vergadering-verkiesing sal adjunk-premier Netumbo Nandi-Ndaitwah teen opposisieleier McHenry Venaani, haar voormalige kamerade Panduleni Itula, Bernadus Swartbooi en grondaktivis Job Amupanda meeding. Daar is egter kommer oor die algemene gebrek aan jeug in die hedendaagse politiek. Volgens ontleders kan ‘n massamobilisering van die jeug-stem, veral die sogenaamde Born Frees wat nie ‘n bevrydingslojaliteit het nie, ‘n beslissende faktor wees. Tydens ‘n regstreekse stroom-uitsending op sy Facebook-blad het aktivis Michael Amushelelo by die jeug gepleit om te stem as hulle verandering en werk wil hê.