Reuse-COP28 afvaardiging lok reaksie uit

Die herrie is los oor die lys van afgevaardigdes wat Namibië by COP28 in Dubai verteenwoordig. ‘n Totaal van 142 mense is gelys, wat ses familelede van die Geingob-egpaar, sowel as die presidentsvrou se broer Salomon Kalondo van Roots op Stampriet, insluit. Universiteitsleiers, sakelui en meer is almal daar. Die Nasionale Vergadering het die geld gehad nie en dus kon daardie lede nie gaan nie. Die politieke kommentator Henning Melber sê Namibië is dalk een van die mees oorverteenwoordigde lande by COP 28 in verhouding tot sy bevolking. Dit pas om een van die mees ongelyke lande in die wêreld te wees. Die groepie sal tot 10 Desember in Dubai wees. Veteraanjoernalis Gwen Lister het op haar Twitter geskryf dat die elite hulle beursies met S&T volmaak voor die feestyd terwyl Namibiërs se spense leegstaan.