Alles is gereed vir die 19de Dash

Die 19de Nedbank Desert Dash vind die naweek plaas. Meer as 1 000 fietsryers sal 397 kilometer na die kus toe moet trap met ‘n afsnytyd van 24 uur. Daar is ook ‘n nuwe halwe-Dash waaraan 38 fietsryers bo die ouderdom van 50 sal deelneem. Kosmos 94.1 Nuus het met Nedbank se woordvoerder Selma Kaulinge gesels. Sy sê alles is gereed.