Toeriste weer beroof, die keer in lodge-kamer

Buitelandse toeriste is weer deur gewapende rowers getreiter, hierdie keer by die Damara Mopane Lodge buite Khorixas. Volgens die Namibiese polisie het twee rowers ‘n Suid-Afrikaanse paartjie se kamer binnegegaan terwyl die vrou in die stort was en haar man by ontvangs om die WiFi te gebruik. Die mans was met messe gewapen en het vir geld gevra, maar het vir die vrou gesê hulle het ‘n pistool. Toe die vrou antwoord dat sy nie geld het nie het hulle ‘n Lenovo skootrekenaar, twee trouringe, halssnoere en ‘n paar skoene gesteel en verdwyn. Niemand is tot dusver gearresteer nie en die gesteelde goedere is nog nie teruggevind nie. Die polisie-ondersoek duur voort.