Buckingham-paleis besin oor ‘rassisme’

Buckingham-paleis sê hy oorweeg alle moontlikhede nadat koning Charles en prins William se vrou, Catherine, uitgewys is as die twee koninklikes wat na bewering ‘n rassistiese opmerking teenoor prins Harry en sy vrou Meghan se ongebore seun gemaak het. Die name is gepubliseer in die Nederlandse vertaling van Omid Scobie se nuwe boek, Endgame, wat kort na publikasie van die rakke verwyder is. Die paleis het die bewering as fiksie beskryf nadat Harry en Meghan in 2021 tydens ‘n onderhoud gesê het twee koninklikes het voor Archie se geboorte kommer uitgespreek oor Archie se velkleur.