Vigs-program kan ly onder kostebesparings

Die Demokratiese Verpleegorganisasie van Suid-Afrika sê die onlangse wêreldwye ekonomiese verslapping lei tot minder befondsing vir gesondheidsorg en MIV-voorkomingsprogramme. Hy sê dit kan moontlik ʼn skerp styging in nuwe, onbeheerbare gevalle veroorsaak. Dit is vandag Wêreld-Vigsdag. Denosa se woordvoerder, Sibongiseni Delihlazo, sê Suid-Afrika het wel die wêreld se grootste program vir antiretrovirale terapie, maar die regering se voorgestelde kostebesparingsmaatreëls kan die land se MIV/Vigs-bestuursprogram die swaarste tref.