Bombardement van Gaza hervat

Dit wil voorkom asof die skietstilstand in Gaza tot ‘n einde gekom het.  Internasionale nuusagentskappe berig dat Israel sê Hamas het missiele op hom afgevuur en hy hervat sy bombardement van die strook. Intussen is agt gyselaars in Gaza en 30 Palestyne in Israelse tronke vrygelaat op die sewende dag van die tydelike skietstilstand.