SA hittegolf laat rekords spat

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê die hittegolf wat vir ‘n paar dae in November in verskeie dele van die land geheers het, het nuwe rekords daargestel vir die maand vir sowel die maksimum en minimum temperature. Dit was warm tot bloedig warm. Woordvoerder Lehlohololo Thobela sê voorlopige data dui op nuwe rekords met die temperatuur van 46,7-grade Celsius vir November oor die Noord-Kaap, die Vrystaat en Noordwes.