Swakopmund-ampsdraers verkiesing uitgestel

Die verkiesing van die 2024 Swakopmund Munisipaliteit ampsdraers uitgestel nadat die verkiesingsproses tussen twee genomineerde kandidate twee keer gelykop geëindig het. Die kandidate was huidige burgemeester Dina Namubes van die Independent Patriots for Change en Matthias Henrichsen van die Swakopmund Inwonersvereniging. Die stemproses waaraan agt raadslede deelgeneem het, het gelei tot drie stemme vir elk van die kandidate maar twee het buite stemming gebly, terwyl twee afwesig was. Swakopmund-distrikslanddros Lucia Elishi het toe besluit om die verkiesing uit te stel. ‘n Datum is nog nie bekend gemaak nie.