Outa het kommer oor swak ouditverslae

Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê die Ouditeur-generaal se verslag oor die 2022/2023 oudit-uitkomste vir die nasionale en provinsiale regerings toon ʼn kommerwekkende gebrek aan finansiële beheer in belangrike regeringsdepartemente. Ouditeur-generaal Tsakani Maluleke se verslag van 124 bladsye toon ʼn algemene verbetering met sommige swakhede. Die Wes-Kaap met 18 skoon oudits het die beste gevaar. Outa se hoof, Wayne Duvenage, sê dis kommerwekkend dat 31 departemente die sperdatum misgeloop het waarop hulle finansiële verslae by die kantoor van die ouditeur-generaal moes wees: