NSFAF-baas sê studentegetalle groei met 30% jaarliks

Die Namibiese studente hulpfonds se uitvoerende hoof Kennedy Kandume sê die fonds het die afgelope vyf jaar 199 494 studente ten bedrae van 7,4 miljard Namibiese dollar befonds. Die fonds het in die vorige boekjaar 1,6 miljard dollar van die begroting ontvang wat opgestoot is na 2,1 miljard dollar in die huidige boekjaar. Kandume sê studentegetalle neem jaarliks met ongeveer 30 persent toe en hy verwag dat aansoeke, wat nou oop is vir die 2024 akademiese jaar, ongeveer 23 700 sal beloop.