Al loop riviere, Kunene se droogte is nie gebreek nie
Die goewerneur van die Kunene-streek in Namibië, Marius Sheya, het kennis geneem van die onlangse swaar reën wat riviere in vloed laat afkom het. Hy beklemtoon egter dit sal tyd neem om die gevolge van nege jaar se droogte aan te spreek. Ten spyte van die uitdagings is Sheya optimisties en wys daarop dat die reën vir boere hoop gee. Hy maan dat tasbare gevolge van die reën op die landbou eers in Februarie en Maart duidelik kan word: