NSFAF stel aanlyn aansoek-stelsel bekend

Die Namibië Studente Finansiële Bystandsfonds het sy 2024 Aanlyn Aansoek-stelsel amptelik bekendgestel. Studente word versoek om voor die sperdatum aansoek te doen om die nodige bystand te kry en om vertragings op die laaste minuut te vermy. Die aansoeke het vandag geopen en sluit op 29 Februarie volgende jaar. Studente van die private instellings Triumphant College en International Training College Lingua het intussen gevra om ook nie-klasgelde te ontvang, soos studente by openbare instellings, om boeke en skootrekenaars te kan koop. Hoër onderwys-minister Itah Kandji-Murangi, sê sy neem kennis van die studente se kommer en die regering werk daaraan.