Ramptoestand ‘nie nodig’ vir SA water-krisis

Die buurland se water en sanitasie-minister, Senzo Mchunu, is geensins van plan om president Cyril Ramaphosa te versoek om ‘n ramptoestand te verklaar weens die ineenstorting van waterinfrastruktuur dwarsoor die land nie. Mchunu beklemtoon munisipaliteite ontvang jaarliks aansienlike befondsing en is self verantwoordelik om hul waterinfrastruktuur in stand te hou. Hy bevestig ook die Wysigingswetsontwerp op Waterdienste word binnekort ter tafel gelê, waarvolgens slegs instellings met waterlisensies watersuiweringsaanlegte mag bedryf. Volgens Mchunu is die primêre doelwit om die dringende kwessie van die ineenstorting van waterinfrastruktuur op te los.