MEFT het niks te sê oor Nghitila aantygings nie

Die Namibiese ministerie van omgewingsake sê hy sal nie reageer op aantygings teen sy uitvoerende direkteur Teofilus Nghitila nie. ‘n Plaaslike koerant het vroeër die week berig dat Nghitila een van die hoofde is van ‘n vismaatskappy, Omukokoli Fishing, wat daarvan beskuldig word dat hy onwettig vis gevang het. Die ministerie se woordvoerder Romeo Muyunda sê daar is geen gronde vir die ministerie om tussenbeide te tree nie, veral omdat die aantygings teen Nghitila in sy persoonlike kapasiteit gemaak is. Muyunda sê die ministerie kan eers stappe neem sou die klagte teen Nghitila bevestig word en hy skuldig bevind word.