Ministerie sleep voete met stadions, sport ly daaronder
Die LPM parlementslid, Utaara Mootu het gereageer op die Onafhanklikheidstadion se trae opknapping. Terwyl die ministerie vir konsultasies vra is daar twyfel of dit die keer na enigiets sal lei met ‘n skamele 37,5 miljoen Namibiese dollar wat die jaar begroot is, ver onder die reeds te min 50 miljoen dollar van verlede jaar. Die ministerie se eie ontwikkelingsbegroting is ook vanaf 66 miljoen dollar na 23 miljoen dollar gesny. Die finansministerie het verdere fondse in komende boekjare belowe en het tydens die middeltermyn begroting gesê die vertraging in die stadion se opknapping is nie geldelik nie maar eerder as gevolg van ‘n uiters stadige pas van uitvoering deur die ministerie. Mootu sê die sport word daardeur geraak.