Frik du Preez word 88

Frik du Preez, een van Suid-Afrikaanse rugby se beste spelers ooit en die buurland se rugbyspeler van die vorige eeu, vier vandag sy 88ste verjaardag. Hy het vir Noord-Transvaal gespeel en in 38 toetse vir die Springbokke opgedraf. Du Preez was ‘n uitstekende veelsydige speler, en was daardie seldsame verskynsel: ‘n slot wat kon skop en selfs skepskop. Alhoewel hy nie besonder lank was nie, was hy ‘n toring van krag in die lynstaan. Die president van die Blou Bulle, Willem Strauss, wens “die legende van alle Blou Bul legendes” geluk.