Tekort aan groenskema kelder mielies onder besproeiing in Zambezi

Die Namibiese Akkerbouraad sê plaaslike witmielie-produksie toon ‘n opwaartse neiging na die 2018/2019 droogte, waarvan die 2022 bemarkingseisoen die beste was met ‘n totaal van 98 824 ton, wat ‘n toename van 16 099 ton was in vergelyking met die 2021-oesseisoen. Vier-en-sestig persent hiervan was van reën afhanklik, terwyl 54 persent onder besproeiing geproduseer is. Volgens die raad het die Zambezi-streek in 2022 geen besproeiingswitmielies gelewer nie maar het wel droëlandproduksie van net meer 6 800 ton. Met voldoende lopende water in die streek het Kosmos 94.1 Nuus by die plaaslike landboukundige Wallie Roux gaan uitvind hoekom.