Mnyupe verduidelik Hypen-ooreenkoms

Die ooreenkoms met Hyphen Energy is herhaaldelik in die nuus oor die sogenaamde geheimsinnigheid daarvan. Die Namibiese regering het bevestig dat hy ‘n aandeel van 24 persent sal opneem in ‘n groen-waterstofprojek van 10 miljard Amerikaanse dollar wat in die Tsau //Khaeb Nasionale Park, naby Lüderitz, ontwikkel word. Die staatsaandeel word gefinansier deur ‘n gesamentlike onderneming tussen Invest International en Climate Fund Managers in samewerking met die Omgewingsbeleggingsfonds van Namibië. Groen-waterstofkommissaris James Mnyupe het aan eksklusief aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik hoe hierdie vennootskap werk.