Eendag-oue babaseun weggegooi

Die Namibiese polisie sê ‘n eendag-oue baba is by die Onamahoka-nedersetting in die Ohangwena-streek gevind. Die babaseun is naby ‘n ou kliniek naby die Elcin-kerk gelos. ‘n Lid van die gemeenskap wat op pad kerk toe was het die baba hoor huil. Die kleintjie word by die Engela-hospitaal behandel maar dit wil voorkom sy toestand is bestendig. Die polisie het geen leidrade nie en het ‘n ondersoek gelas.