Namcor het sedert Maart nie ‘n sent in brandstofheffings ontvang nie

Namcor sê hy het sedert Maart vanjaar geen inkomste van die brandstofheffing ontvang nie. Die heffing was veronderstel om met 50 persent gesny te wees van 7,6 sent per liter tot 3,8 sent maar, die maatskappy sê geen betaling is ontvang nie. Volgens Namcor se woordvoerder Paulo Coelho, is ‘n ooreenkoms bereik dat betalings wel gemaak sal word veral met die maatskappy se benarde finansiële posisie.