Oopsie, man verloor R610 000 wat hy by meisie probeer versteek

‘n Suid-Afrikaanse man wat 610 000 Suid-Afrikaanse rand aan sy meisie gegee het om die geld van sy vrou af weg te steek, het sy hofpoging om die geld terug te kry verloor. Die partye is nie genoem nie maar, volgens die stukke is HW binne gemeenskap van goedere met JW getroud. HW het ‘n verhouding met RS in 2015 begin. Hy het haar in 2017, 850 000 rand gegee waarvan sy 610 000 rand gehou het. Hy wou blykbaar die geld van sy vrou, van wie hy wou skei, versteek. Maar sy verhouding met RS het versuur. Hy wou sy geld terughê maar moes die hof saam met sy vrou in die verband nader. Die hof het beslis dat RS, die meisie, se verweer, dat die geld ‘n skenking vir haar besigheid was, aanvaar en HW is sy geld kwyt.