Kenner sê oor toekoms van allerbelangrike uraanprys

Die prys van uraan is tans die hoogste sedert die Fukushima-kernongeluk in 2011. Dit het vir die eerste keer in meer as 15 jaar hoër as 80 Amerikaanse dollar, oftewel 1 500 Namibiese dollar, per pond gestyg weens ‘n herlewing van kernkrag asook toevoeronderbrekings. Namibië is die derde grootste produsent van uraan ter wêreld, en dus bied dit ‘n positiewe vooruitsig vir die land se ekonomie aangesien dit tot meer myne en werkskepping kan lei. Die energie-ontleder Chris Yelland het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor of die styging in uraanpryse sal voortduur.