16 dae: SA teken 10 500 verkragtings in 9 maande aan

Nes in Namibië sukkel Suid-Afrika ook met reuse-uitdagings met geslagsgeweld. Die voorsittende beamptes van die Suid-Afrikaanse parlement het hulle verbind om toesig te hou oor die owerhede sodat hulle hul grondwetlike oorsigmagte gebruik om die nasionale pogings te versterk vir die uitwissing van geslagsgeweld. Hulle sê die tempo waarteen vroue en kinders in Suid-Afrika vermoor word, is vyf keer hoër as die wêreldgemiddelde. Volgens die onlangse kwartaallikse statistieke van die polisie is daar tussen Julie en September vanjaar 10 516 voorvalle van verkragting aangemeld. Die voorsittende beamptes doen ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners om hulle pogings te verskerp in die stryd teen die plaag van geweld teen vroue en kinders.