Onoorwonne Eagles speel weer vandag

Daar is weer vandag lekker krieket in die hoofstad in die IKR T20 Afrika-kwalifiserende reeks. Om half-tien pak Kenia en Tanzanië mekaar en vanmiddag om half-drie speel die Richelieu Eagles steen Rwanda. Beide wedstryde vind op Wanderers plaas. Die Eagles is tot dusver onoorwonne in die reeks met ‘n ses-paaltjie oorwinning teen Uganda Vrydag. Net twee spanne kan kwalifiseer uit die sewe wat deelneem. Die reeks sluit op 30 November af.