Laaste byeenkoms vir motorsport vandag op Tony Rust

Die Windhoek Motorklub en die Tony Rust-renbaan bied vandag by die renbaan die laaste been van die kringbaanrenne aan. Hierdie laaste wedren sal waardevolle punte inhou vir die voorste jaers om top-eerbewyse in die verskillende klasse te beklink, terwyl dit vir ander ‘n eerste ervaring sal wees. Die hekke maak om 10-uur oop en toegang is 50 Namibiese dollar. Francois Lottering van Motor Media Namibia het met Kosmos 94.1 Sportnuus oor die vooruitsigte gesels.