NWR werk aan Myl 108
Namibia Wildlife Resorts se Myl 108 kampeerterrein net noord van Kaapkruis is ‘n gewilde vakansieplek, veral tydens die feesseisoen. ‘n Kosmos 94.1 luisteraar het ingebel en gekla dat toe sy daar aankom was die kampplekke en rondawels in ‘n swak toestand. Sy sê sy is teleurgesteld want sy is lief vir daardie omgewing. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Nelson Ashipala, die NWR woordvoerder, wat sê dat hulle besig is met aansienlike opgraderings aan hul kampeerplekke ter voorbereiding vir die feesseisoen en die visvangseisoen.