Hulp vir Gaza wag by Rafah

Die Verenigde Nasies se wêreldvoedselprogram sê meer as 100 vragmotors met sowat 1 300 ton kosvoorraad staan gereed om Gaza binne te gaan sodra die skietstilstand begin. ʼn Skietstilstand van vier dae begin vandag waartydens ongeveer 50 gyselaars wat Hamas in Gaza aanhou, asook 150 Palestyne wat in Israelse tronke is, vrygelaat sal word oor die periode. ʼn Woordvoerder van die voedselprogram, Abeer Etefa, sê die tydelike wapenstilstand is ʼn stap vorentoe, maar net ʼn totale skietstilstand sal toelaat dat voldoende humanitêre hulp in Gaza verleen word. Die skietstilstand het om sewe-uur plaaslike tyd begin en lyk belowend.