Switserland sal Hamas-ondersteuning verbied

Die Switserse regering sê hy gaan ‘n konsepwet voorlê wat Hamas-aktiwiteite of ondersteuning vir die Palestynse militante groep in Switserland uitdruklik verbied. Die regering sê dit is die mees gepaste reaksie op die situasie wat sedert die sewende van verlede maand in die Midde-Ooste heers. Meer as 15 000 mense is dood sedert die konflik tussen Israel en Palestina uitgebreek het. Die Switserse regering sê die konsepwet sal die federale owerhede die nodige magte gee om enige Hamas-aktiwiteite of ondersteuning vir die organisasie in Switserland teen te staan.