Verhoordatum (dalk) vandag vir Fishrotters bepaal

Die Fishrot-saak kom vandag voor regter Moses Chinhengo voor om ‘n verhoordatum, moontlik eers volgende jaar, te bepaal. Die groep van 27 beskuldigdes het op 13 Oktober voorgekom toe die verhoor moes begin het maar, van die groep, waarvan meer as ses vir vier jaar in aanhouding is, het net drie regsverteenwoordiging en is gereed om voort te gaan. Advokate Cliff Lutibezi en Ed Marondedze het reeds op 2 Oktober aangedui die staat is gereed. Daar is tydens hulle laaste verskyning voorgestel dat die verhoor moontlik op 29 Januarie kan begin. Die beskuldigdes moet regshulp ontvang omdat hulle bates steeds gevries is.