Uganda, Kenia proe eerste bloed
Uganda en Kenia het oorwinnings behaal in hul eerste wedstryde by die ICC T20 Afrika Wêreldbeker-kwalifiseerders wat in Windhoek gespeel word. Kenia, wat met 154 vir 2 geëindig het, het Rwanda met 17 lopies geklop. Irfan Karim van Kenia was die speler van die wedstryd nadat hy ‘n onoorwonne 63 lopies van 43 balle aangeteken het. Die wedstryd is by United gespeel. Op die Wanderers veld het Uganda Tanzanië met agt paaltjies verslaan na ‘n telling van 105 vir 2 in 15,2 boulbeurte. Die speler van die wedstryd was Riazat Ali Shah van Uganda, wat 47 lopies van 27 balle geslaan het en ook twee paaltjies laat kantel het vir 17 lopies.