Biden verwelkom gyselaar-ooreenkoms
Amerika se president Joe Biden het Israel en Hamas se ooreenkoms van ʼn vier dae lange skietstaking verwelkom om 50 vroue en kinders vry te laat wat in Gaza gyselaar gehou word. Onder die gyselaars wat vrygelaat gaan word, is drie Amerikaners waarvan een ʼn driejarige meisie is. Die ooreenkoms sluit in dat 150 Palestynse vroue en kinders in ruil uit Israelse tronke vrygelaat word. Biden sê hy is baie dankbaar dat sommige van die gyselaars, wat ʼn nagmerrie-ondervinding beleef het, met hulle gesinne herenig sal word sodra die ooreenkoms van krag word.