Malawi versterk stryd teen wildsmokkelaars

Malawi het sy eerste wild-forensiese laboratorium ingewy, wat ten doel het om die stryd teen wildsmokkelaars te versterk. Die projek, ondersteun deur die Trace Wildlife Forensics Network in Edinburgh in vennootskap met Traffic, fokus op die nuutste insameling van bewyse en ontledings-tegnieke. Die laboratorium sal opleiding verskaf aan plaaslike wetenskaplikes om vervolgingsvermoë te verbeter. Die direkteur van Malawi se departement van nasionale parke en wildlewe, Brighton Kumchedwa, sê wildsbokke en ietermagôs verkeer veral in gevaar. Die vennootskap wil die vermoë in misdaadtoneel ondersoeke, bewysbestuur, forensiese ontleding en doeltreffende hofaanbiedings versterk.