Boere in groepe kan watersekerheid verbeter

Die Rhodes Universiteit sê ‘n studie deur ‘n gegradueerde in Ekonomie en Ekonomiese Geskiedenis, Sandile Phakathi, het gevind om boere in groepe te organiseer kan help om watersekerheid en boere se voortbestaan te verbeter. Die studie het kleinboer-besproeiingskemas in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal ondersoek. Besproeiingskemas is die sleutel tot die bestuur van waterbronne en van landelike ontwikkeling, waar armoedeverligting en voedselsekerheid met boerdery bereik kan word. Hoewel die regering in hierdie skemas belê het, is dit nie altyd tot voordeel van hul beoogde begunstigdes nie omdat boere se insette nie in ag geneem word nie.