SA se Sioniste het kommer oor ANC se neiging na Palestina

Die Suid-Afrikaanse Sionistiese Federasie sê hy veroordeel Suid-Afrika se toenemend vyandige en diskriminerende posisie teenoor Israel. Die organisasie se reaksie volg op Israel se besluit om sy ambassadeur in Suid-Afrika, Eliav Belotserkovsky, te herroep, aangesien die Parlement na verwagting sal stem oor die sluiting van die Israelse ambassade. Die federasie se voorsitter, Rowan Polovin, sê die regering se eensydige en onverantwoordelike retoriek, en weiering om in dialoog te tree met Israel, verhinder dat Suid-Afrika enige betekenisvolle rol kan speel in die beëindiging van die heersende oorlog, of in enige toekomstige vredespogings: