EPA is oop vir suiwel, koring
Die landbouministerie sê die EPA fasiliteit vir suiwel en koring is oop en maatskappye kan aansoek doen om te deel in die tarief-vry of verlaagde invoer belasting vir produkte vanaf die Verenigde Koninkryk. Daar is net meer as 50 ton gars, 15 ton botter, amper 30 ton graangebaseerde voedsel, 198 ton kaas, 1,98 ton roomys, 2 ton varkvet, 14 ton vark en amper 4 000 ton koring beskikbaar. Aansoekers moet verskeie dokumente, wat ook ‘n NamRA vrywaring insluit, indien en in die geval van die koring en gars, moet aansoekers ‘n geldige meulenaars lisensie van die Namibiese Akkerbouraad hê. Aansoeke sluit om half-vyf die middag van 1 Desember.