Boere wil opruk na Seeis-hof met gewoonte misdadigers wat verskyn

Boere net oos van die hoofstad doen ‘n beroep op die gemeenskap om op te ruk na die Seeis-hof vanoggend om borg teen te staan. Twee verdagtes, 33 en 46 jaar oud, wat aan die gemeenskap bekend is, verskyn op aanklagte van stropery. Een verdagte is baie bekend aan die polisie en is reeds skuldig bevind op verskeie klagtes, insluitend roof. Die twee mans het oor die naweek in ‘n bakkie op die M53 en D2102 grondpaaie, in die Seeis gebied beweeg en in die proses het hulle die diere in die padreserwe geskiet. Hulle is vroeg Saterdagoggend omstreeks vier-uur in Okahandja onderskep. ‘n Jaggeweer met geen reeksnommer nie, is gevind. Twee waterbokke, ter waarde van 8 000 Namibiese dollar elk, twee koedoes, ter waarde van 6 000 dollar elk en ‘n gemsbok ter waarde van 4 000 dollar is gevind.