Pasop vir kuber-kriminele

Die einde van die jaar word gekenmerk deur koorsagtige inkopies, met Swart Vrydag en Kuber Maandag se winskopies en Kersgeskenk-aankope wat mense na hul beursies laat gryp. Al hoe meer inkopies word egter aanlyn gedoen want dit is gerieflik, maar dit hou ook gevare in. Kuber-kriminele teiken al hoe meer die aanlyn-inkopie webblaaie met gesofistikeerde metodes en aanlyn-bedrog neem toe. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Johann van Rooyen, senior tegniese adviseur by Green Enterprise Solutions, wat raad gee oor hoe om te voorkom dat jy ’n slagoffer van kubermisdaad word.